top of page
WhatsApp Image 2026-01-31 at 23.35.05.jpeg

LEER, SPEEL & GROEI

By Laerskool Trichardt glo ons dat kinders die beste leer wanneer hulle met vreugde ontdek, met oorgawe speel, en saam met ander groei.


Ons streef daarna om ’n gebalanseerde omgewing te skep waar akademiese uitnemendheid, sportmangees en kultuurtrots hand aan hand loop.

AKADEMIE

Ons akademie bied ’n omgewing van klein klassies, waar elke leerder persoonlike aandag en doelgerigte ondersteuning ontvang. Met gehalte-onderwysers wat passievol is oor leer en ontwikkeling, word elke kind se unieke vermoëns raakgesien en hul akademiese potensiaal ten volle ontgin.

Benewens die kernvakke bied ons ook ekstra klasse soos robotika, tegnologie, kuns en ander vaardigheidsprogramme aan. Hierdie programme bevorder kreatiwiteit, kritiese denke, probleemoplossing en selfvertroue. Ons fokus daarop om leerders holisties te ontwikkel en hulle met die nodige vaardighede toe te rus om met selfvertroue die toekoms aan te pak.

IMG_3118-2_edited.jpg

ons klasse

By ons akademie fokus ons op gehalte onderrig in klein klassies, wat verseker dat elke leerder persoonlike aandag en ondersteuning ontvang. Hierdie benadering bevorder begrip, groei en selfvertroue. Ons toegewyde onderwysers help leerders om hul volle akademiese potensiaal te bereik, met gereelde terugvoer en remediëring waar nodig, sodat elke kind suksesvol en goed voorberei vir die toekoms is.

IMG_3132-2.jpg

TEGNOLOGIE

Ons rekenaarlokaal bied elke leerder toegang tot programme soos Word, Excel en PowerPoint, terwyl spesiale leesprogramme hul vaardighede verbeter.

Ons bied ook robotika aan, waar leerders kode, spanwerk en kommunikasie leer, en selfvertroue bou deur werklik bruikbare projekte te ontwikkel. Tegnologie hier maak nie net dinge beter nie - dit maak beter dinge moontlik.

IMG_3123-2.jpg

AKADEMIESE Ondersteunings programme

By Laerskool Trichardt bied ons verskeie ondersteunings programme om elke leerder se leerervaring te versterk. Hierdie programme sluit in:

  • Remediëring en bykomende hulp vir leerders wat ekstra ondersteuning in kernvakke benodig.

  • Lees- en taalprogramme om begrip, vloeiendheid en woordeskat te verbeter.

IMG_3123-2.jpg

spelling bees en akademiese kompetisies

Spelling Bees en taalwedstryde maak leer lekker en uitdagend. Leerders verbeter hul spelvaardigheid, aandag en geheue terwyl hulle trots hul kennis wys.

 

Ons vier leer deur speletjies, glimlagte en gesonde kompetisie.

SPORT

Laerskool Trichardt het ’n warm en trotse kultuur wat heers onder ons sportspanne en hulle afrigters. Al is ons kompetisie- en prestasiewêreld sterk, word elke kind se welstand en emosionele belange altyd op die hart gedra. Sport by Laerskool Trichardt word beoefen nie net om ons leerders fiks te hou, van sportmangees en tegnieke te leer nie, maar ook om ons kinders lewenslesse, selfdissipline, netheid, volharding en selfvertroue te gee.

Trichardt is een van die kleinste skole in ons provinsie, maar ons staan nie terug vir enige skool nie en is op alle sportgebiede meer as net kompeterend. Ons prys ons met hoë kwaliteit afrigters wat daarna streef om elke kind te ontwikkel tot die hoogste moontlike vlak. Ons afrigters is altyd bereid om die ekstra myl te stap en bevorder ouer ondersteuning deur goeie kommunikasie.

SPORT WAT LAERSKOOL TRICHARDT AANBIED

Laerskool Trichardt spog met van die beste fasiliteite, toerusting en apparate, wat ons in staat stel om ’n uitgebreide verskeidenheid sportsoorte aan te bied. Ons bied verskeie geleenthede vir leerders om deel te neem aan sport en spog met ’n groot atletiekspan, vyf rugbyspanne, agt netbalspanne, ses krieketspanne, vier hokkie-spanne en ses skaakspanne. Ons bied ook boogskiet en fietsry aan, waar ons onafhanklik deelneem en groot prestasies behaal.

Rugby Ball on Field

Rugby

By Laerskool Trichardt is rugby ’n trotstradisie gebou op moderne waardes, dissipline en respek. Ons streef daarna om elke speler nie net beter op die veld te maak nie, maar ook om hulle as jong leiers te vorm. Deur spanwerk, deursettingsvermoë en goeie sportmanskap te beklemtoon, leer ons seuns om met trots te speel, verantwoordelikheid te neem en altyd hul beste te gee. 

Oefentye 2de kwartaal:

Maandae, Dinsdag en Donderdae 13.45 - 15.30 (o9A, o11A, o13A)

Maandae, Dinsdae en Donderdae (o11B, 2de span)

Kultuur

Ons spog met verskeie kultuur aktiwiteite van die hoogste gehalte. Ons personeel skep 'n omgewing van liefde, samewerking, volharding en selfvertroue.

Ons leerders se prestasies op kultuur gebied is asemrowend, maar wat nog meer uitstaan is ons leerders se voorkoms. Altyd netjies, met glansterende persoonlihede en glimlagte kan almal sien ons oefen en neem met oorgawe deel.

01

Koor

Om deel te wees van Laerskool Trichardt se koor verg harde werk, fokus en passie. Ons ontwikkel pragtige kinderklanke en gee leerders ’n gevoel van behoort, waar hulle die skool met trots verteenwoordig. Elke koorlid sing voltyds en neem deel aan feeste, kerke en kompetisies, met jaarlikse uitstaande prestasies. Musiek verbind ons almal - kom luister en wees verstom!

02

Revue

Drama gee leerders die kans om hulself kreatief uit te druk, selfvertroue te bou en samewerking te leer.
Ons jaarlikse revue en optredes bring die verhoog tot lewe met dans, sang en toneelspel.

Elke kind kry ’n kans om te skitter — of dit agter die gordyn of in die kollig is.

03

Kuns 

Picasso’s

Laerskool Trichardt is die enigste skool in die dorp wat oor ’n kunsateljee beskik. Ons bied unieke geleenthede vir leerders om hul talent te ontwikkel. Leerders het toegang tot verskeie materiale, tegnieke en professionele begeleiding.

Die kind kry persoonlike aandag en aanmoediging om kreatief te

eksperimenteer, nuwe vaardighede aan te leer en selfvertroue in hul

kuns te bou. Die ateljee bied ’n inspirasievolle ruimte waar hul unieke styl kan ontwikkel en hul werk gereeld uitgestal of bespreek word.

04

Redenaars

Redenaars en debat ontwikkel kommunikasievaardighede, logiese denke en selfvertroue.
Leerders neem deel aan interne en interskole kompetisies, en leer om hul opinies respekvol te verwoord.

Ons glo dat elke stem saak maak — en dat woorde die wêreld kan verander.

05

Landsdiens

Landsdiens leer leerders om om te gee vir die gemeenskap, die natuur te waardeer en ’n verskil te maak. Graad 1–7-leerders neem deel aan projekte, kampe en spanaktiwiteite wat leierskap, vriendskap en verantwoordelikheid ontwikkel. Dit gaan nie net oor aksies nie, maar oor harte wat omgee en hande wat help – ’n geleentheid om die wêreld beter te maak.

Ondersteunings Programme

By ons laerskool glo ons dat elke leerder uniek is en die reg het op ondersteuning wat hul volle potensiaal help ontsluit. Ons bied ’n geïntegreerde ondersteuningsprogram wat akademiese, emosionele en sosiale ontwikkeling bevorder.

Omgee tannie

By Laerskool Trichardt glo ons dat elke leerder die beste geleenthede verdien, nie net in die klaskamer nie, maar ook in hul daaglikse lewens. Ons is trots op die verskeidenheid inisiatiewe wat ons het om ons minder bevoorregte leerders en hul gesinne te ondersteun. 

Kontak hier

Beyond

Beyond Multidissiplinêre Praktyk bied omvattende dienste wat ontwerp is om kinders en gesinne oor ’n wye reeks behoeftes te ondersteun. Die sosiale vaardigheidsprogramme help kinders om kommunikasie-, emosionele regulering- en sosialisering in ‘n ondersteunende, gestruktureerde omgewing te ontwikkel. Individuele terapie fokus op persoonlike-, emosionele- en gedragsuitdagings. Hierdie praktyk spesialiseer ook in forensiese dienste vir die doel van hofverwante aangeleenthede.

Icon.jpg

Igna Beukes (Opvoedkundige Sielkundige)

Igna Beukes is ’n geregistreerde Opvoedkundige Sielkundige met 26 jaar ervaring in die ondersteuning van kinders, adolessente en gesinne binne opvoedkundige en terapeutiese kontekste. Hierdie praktyk fokus op assesserings, intervensies en leiding wat daarop gemik is om leer-, emosionele, gedrags- en ontwikkelingsuitdagings aan te spreek. Met ’n kliëntgesentreerde en etiese benadering werk Igna in samewerking met gesinne, skole en ander professionele persone om veerkragtigheid, akademiese sukses en algehele welstand te bevorder. Haar praktyk weerspieël ’n sterk verbintenis tot professionaliteit, deernis en positiewe ontwikkelings uitkomste.

WhatsApp Image 2026-02-06 at 07.40.52.jpeg
bottom of page