top of page
IMG_3212_edited.jpg

Welkom by
Laerskool Trichardt Kleuterskool

Ons skep ’n veilige en liefdevolle ruimte waar elke kind met selfvertroue kan leer, ontdek en groei.

Liewe ouers, by Laerskool Trichardt Kleuterskool glo ons dat onderig meer is as net  leer ons bou aan ʼn toekoms. Hier leer kinders daagliks en groot drome neem hier vorm aan. Ons is 'n geloofsgebaseerde, tweetalige kleuterskool wat glo aan liefde, respek en vertroue. Die fondasie van opvoeding van die 3 jaar klas tot en met Graad R skep ons ʼn veilige, vreugdevolle ruimte waar elke kind geliefd , gesien en doelbewus ontwikkel word om hulle volle potensiaal te bereik.  Elke maatjie is hier ʼn meesterstuk.

 

Kom besoek gerus ons kleuterskool en kom kuier lekker saam met ons. Kom wees  deel  van  ons  familie en ons tradisies.  

ONS SKOOL

ONS PROGRAM

IMG_2954.JPG

Kreatiwiteit

Aktiwiteite vir gerigte en vrye tyd is van toepassing ter bevordering van  kretatiewe en skeppende vermoëns.

IMG_2853.JPG

Musiek

Daar is geleenthede vir sosiale en emosionele ontwikkeling deur musiek aanbiedings. Algemene stories en musiek dra grootliks by tot die kind se "gevoelswêreld.".

IMG_3069.JPG

Perseptuele ontwikkeling

Aktiwiteite vir die manipulering en ontdekking van opvoedkundige speel- en leer apparte soos legkaarte, boublokke en penborde word gebruik om vroeë lees, skryf en wiskundige ervarings te bekom.

IMG_2977_edited.png

Buitespel

Daar is voldoende aktwiteite in plek wat bydrae tot die fisiese ontwikkeling deur middel van beweging en buitespel.

OUDERDOMSGROEPE

IMG_3000_edited.jpg

3-4 JAAR

Ons 3- tot 4-jariges is ons jongste maats in die skool. Ons daaglikse program word volgens uitgewerkte temas aangebied en interaktiewe aktiwiteite. Hier kan die maats speel–speel leer sonder dat dit soos leer voel.

IMG_2944.JPG

GRAAD RR

Die lewendige 5-jariges word voorberei vir Gr. R want Gr R wink!

Die ELDAs program wat gevolg word dek aspekte soos:

• Kreatiwiteit

• Kommunikasievaardighede

• Vroeë wiskundigekonsepte

• Groot motoriese en sensoriese vaardighede.

 

Ons spog met kleinklassies. Dus word geen kleuter agter gelaat nie.

IMG_2859_edited.jpg

GRAAD R

Die groot maats in die kleuterskool. Nou is “Groot Skool” op die voorstoep. 

By Trichardt Kleuterskool word die CAPS beleid gevolg. Addisionele programme word geinkorpieer om die kind holisties voor te berei vir sy formele jare by die Laerskool. Ons bied ook rekenaar klasse aan wat leerders vertroud te maak met tegnologie. 

Oorgang van Graad R tot Graad 1:

Ons ondersteun graag maatskaplike werker Me. Tarina Hattingh wat in saamewerking met Opvoedkundige 

Sielkundige Me. Igna Beukes en ander terapeute hande vat om die Graad R maats wat onseker is te bemagtig met die regte voorbereiding en leiding na  Graad 1 te gaan. Kontak gerus die praktyk of lees meer vir nog inligting.

ONTMOET ONS PERSONEEL

Die Trichardt-span is enig in hul soort – hier kom ons kinders altyd eerste! Ons “skoolkultuur” is tasbaar die oomblik wat ouers deur die hek stap. Ware omgee vir die kinders maak skool lekker vir kinders én personeel. Ons is in ‘n gee-en-neem verbintenis met ons kinders en min beroepe gee jou soveel onvoorwaardelike liefde as Voorskoolse Onderrig: kinders gee nie voor nie, dit wat jy sien is opreg!

WhatsApp Image 2026-01-13 at 20.09.57.jpeg

Lizelle Macrea

Graad R Afrikaans

Kleuterskool (DPH)

WhatsApp Image 2026-01-13 at 20.10.05.jpeg

Charné Wentzel

Graad R Afrikaans

WhatsApp Image 2026-01-13 at 20.10.06.jpeg

Bernadine van Niekerk Grade R English

WhatsApp Image 2026-01-13 at 20.10.03.jpeg

Lanè Botha

5 jaar Afrikaans

WhatsApp Image 2026-01-13 at 20.10.01.jpeg

Alicia Furstenburg
5 year English

WhatsApp Image 2026-01-13 at 20.10.02.jpeg

Tracy Bester
3-4 jaar Afrikaans

WhatsApp Image 2026-01-13 at 20.10.04.jpeg

Juanita Jacobs

3-4  year English

WhatsApp Image 2026-01-13 at 20.09.55.jpeg

Nicky Bolton

Assistent

WhatsApp Image 2026-01-13 at 20.10.12.jpeg

Marluzaan vd Berg

Assistent

SKOOL AKTIWITEITE

Ons bied elke kwartaal 'n projek aan te bied waar die ouer en kind saam die aktiwiteit kan geniet 

POPPETEE

Ouers dek kinder tafels mooi en ons leer ons tafelmaniere asook sosiale aanvaarbare gedrag tydens etenstyd met die ete sowel as die geselskap om die tafel.

INRY FLIEK

Hier kry pappa die geleentheid om saam met die kind ʼn voertuig te bou uit afval materiaal. Die maats woon die fliek by in hul voertuig en natuurlik moet daar ʼn Slush puppy en springmielies wees.

OUPA & OUMA DAG

Ons kleingoed bederf van die belangrikste mense in hul lewens. En spandeer kosbare tyd saam hulle grootouers.

ATLETIEK

Altyd ʼn hoogtepunt op ons Kalender. Ouers kan solank opwarm want die aflos stokkie word aangegee met groot afwagting…

RUMBLE

Fondsinsameling vir ons koshuis: Hier kry elke kind ʼn geleentheid om deel te neem aan verskeie aktiwiteite. Hier maak elke kind saak om punte vir hul  klas in te samel. 

POPLAP NETBAL

’n prettige en speelse program wat jong dogtertjies aan netbal bekendstel. 

RAMMETJIE RUGBY

Rammetjie Rugby by ons kleuterskool is ’n prettige en energieke program wat jong seuns op ’n speelse manier aan rugby bekendstel. 

DIPLOMA
PLEGTIGHEID

Elke Graad R se droom en ouers ook. Hulle maak klaar met hul fase in die Kleuterskool en is gereed om hulle skoene / voetspore vol te staan in Graad 1.

Ekstra aktiwiteite

Ons kleuters kry die geleentheid om aan verskeie verrykende ekstra aktiwiteite deel te neem wat hul kreatiwiteit, selfvertroue en fyn- sowel as grootmotoriese vaardighede ontwikkel. Die aktiwiteite word tydens skooltyd aangebied en is op eie onkoste.

Playball

Monkeynastix

Pottery

Moderne danse

Tennis Whiz

bottom of page