
ONTMOET LAERSKOOL TRICHARDT
'n Skool met tradisie, visie en mense wat omgee
Ons Geskiedenis

Laerskool Trichardt se geskiedenis strek terug tot 1888, toe die eerste skool op Vaalbank gestig is. Met ’n klein begin en toegewyde onderwysers het die skool oor dekades gegroei tot ’n gevestigde opvoedkundige instelling in die gemeenskap. In 1904 is ’n nuwe skoolgebou opgerig, en teen 1913 is die huidige skoolgebou in gebruik geneem. Aanvanklik is onderrig in beide
Nederlands en Engels aangebied, met ’n leerdertal van slegs 35 leerders. In die jare wat gevolg het, het die leerdertal geleidelik gegroei en is verdere klaskamers en verbeterings aangebring.

Gedurende die vroeë 1900’s het die skool uitdagende tye beleef, insluitend die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog
en personeelveranderings. Tog het die skool volgehou en bly ontwikkel. Teen die 1920’s het die skool reeds ’n gevestigde identiteit gehad, met Afrikaans wat sy plek in die onderrig begin inneem het.
In die daaropvolgende dekades het Laerskool Trichardt voortdurend uitgebrei – nuwe fasiliteite is gebou, sport het sterk ontwikkel, en die skool het akademies en kultureel uitgeblink. Teen die vroeë 1990’s het die leerdertal tot meer as 400 leerders gegroei. Die skool het verskeie sport- en kultuurprestasies op provinsiale vlak behaal en het ook strukturele verbeterings aan geboue en terreine aangebring.

Vandag staan Laerskool Trichardt trots as ’n skool met ’n ryke erfenis van meer as ’n eeu, gebou op waardes van deursettingsvermoë, dissipline en gemeenskapsbetrokkenheid. Ons geskiedenis is nie net ’n verhaal van geboue en getalle nie, maar van mense – leerders, onderwysers en ouers – wat saam ’n nalatenskap van uitnemendheid geskep het.
Ons Geskiedenis
Laerskool Trichardt se geskiedenis strek terug tot 1888, toe die eerste skool op Vaalbank gestig is. Met ’n klein begin en toegewyde onderwysers het die skool oor dekades gegroei tot ’n gevestigde opvoedkundige instelling in die gemeenskap. In 1904 is ’n nuwe skoolgebou opgerig, en teen 1913 is die huidige skoolgebou in gebruik geneem. Aanvanklik is onderrig in beide Nederlands en Engels aangebied, met ’n leerdertal van slegs 35 leerders. In die jare wat gevolg het, het die leerdertal geleidelik gegroei en is verdere klaskamers en verbeterings aangebring.

Gedurende die vroeë 1900’s het die skool uitdagende tye beleef, insluitend die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog en personeelveranderings. Tog het die skool volgehou en bly ontwikkel. Teen die 1920’s het die skool reeds ’n gevestigde identiteit gehad, met Afrikaans wat sy plek in die onderrig begin inneem het.
In die daaropvolgende dekades het Laerskool Trichardt voortdurend uitgebrei – nuwe fasiliteite is gebou, sport het sterk ontwikkel, en die skool het akademies en kultureel uitgeblink. Teen die vroeë 1990’s het die leerdertal tot meer as 400 leerders gegroei. Die skool het verskeie sport- en kultuurprestasies op provinsiale vlak behaal en het ook strukturele verbeterings aan geboue en terreine aangebring.

Vandag staan Laerskool Trichardt trots as ’n skool met ’n ryke erfenis van meer as ’n eeu, gebou op waardes van deursettingsvermoë, dissipline en gemeenskapsbetrokkenheid. Ons geskiedenis is nie net ’n verhaal van geboue en getalle nie, maar van mense – leerders, onderwysers en ouers – wat saam ’n nalatenskap van uitnemendheid geskep het.


Ons skool terrein
Laerskool Trichardt spog met ’n goed versorgde, veilige en uitnodigende skoolterrein waar elke leerder ruimte het om te groei, te leer en hul talente te ontwikkel. Ons moderne en netjiese klaskamers skep ’n stimulerende leeromgewing waar akademiese uitnemendheid aangemoedig word.
Ons uitgestrekte sportvelde bied uitstekende fasiliteite vir rugby, netbal, krieket en ander sportsoorte, en bevorder ’n gesonde, aktiewe leefstyl. Vir akademiese ondersteuning en leesgenot beskik die skool oor ’n goed toegeruste biblioteek wat ’n liefde vir lees en navorsing kweek.
Leerders kry toegang tot ’n rekenaarklas waar tegnologie geïntegreer word in die leerproses om hulle voor te berei vir ’n moderne wêreld. Kreatiwiteit word verder ontwikkel in ons kunsateljee – ’n inspirerende ruimte waar jong kunstenaars hul talente kan ontdek en uitleef. Ons eerste spanne in verskeie sportsoorte het die voorreg om te spog met hulle eie aantrekkamers. By Laerskool Trichardt bied ons ’n omvattende skoolomgewing waar elke leerder die geleentheid kry om akademies, sportief en kultureel te floreer.

ONS SPAN

Johan Prinsloo
Hoof

Corne Jansen
Adjunk Hoof

Braam vd Heever
Adjunk Hoof

Louise Wooldridge
Graad 1

Ria Potgieter
Graad 1

Joma vd Heever
Graad 1
Junior fase (DPH)

Illezahn Roux
Graad 2

Jeahnè de Beer
Graad 2

Adrie Maia
Graad 2

Mandie Theron
Graad 3

Deirdré Joubert
Graad 3

Jaundré Watkins
Graad 3

Bernice Viljoen
Graad 4

Elzann Taljaard
Graad 4

Eleanore Joubert
Graad 5

Simoné Stemmet
Graad 5

Wouter Boonzaaier
Graad 5

Henk Louw
Graad 6

Chanel Lindeque
Graad 6

Chené Dell
Graad 6

Mareike Myburgh
Graad 7

Coelette Stickling
Graad 7

Leandra Prinsloo
Graad 7

Leandri le Grange
Senior fase (DPH)

Daan Coetzer
Onderwyser

Merize Jansen van Niewenhuizen
LSEN

Marluzaan vd Berg
Student
ADMINISTRATIEWE PERSONEEL

Nita Barry
Finansies

Celeste Fourie
SA SAMS

Elrina Ratcliffe
Administratiewe Assistent

Christelle Boshoff
Bemarking

Shawn Grobbelaar
Faktotum
Ons gee om
Liefde in Aksie
By Laerskool Trichardt glo ons dat elke leerder die beste geleenthede verdien, nie net in die klaskamer nie, maar ook in hul daaglikse lewens. Ons is trots op die verskeidenheid inisiatiewe wat ons het om ons minder bevoorregte leerders en hul gesinne te ondersteun.
Voeding is die basis vir leer, en daarom verskaf ons voedingskema daagliks (elke pouse) 'n noodsaaklike maaltyd aan ons behoeftige leerders. Ons is ook besonder dankbaar vir die wonderlike hulp van Vissies vir Jesus, wat twee keer per week vir ons leerders met heerlike bederf-kos bystaan. Hierdie ekstra bederfie bring elke keer 'n glimlag op 'n kind se gesig.
Met die oog op die lang vakansie oor Desember, pak ons jaarliks ons kospakkie projek aan. Hierdeur kan ons vir elke behoeftige gesin van ons skool 'n kospakkie saamstuur vir vakansie. Dit verseker dat ons leerders se basiese behoeftes ook gedurende die skoolvakansie versorg word.

Santa's Shoebox
'n Ander hoogtepunt is ons gereelde ontvangs van Santa Shoebox se skenkings. Danksy hierdie inisiatief ontvang elke minder bevoorregte maat 'n boks vol skoolbenodighede, klere, speelgoed en bederf. Dit is 'n onvergeetlike geskenk wat nie net materiële hulp bied nie, maar ook hoop en opwinding bring.

Helpende Hand
Ons is ook bevoorreg om jaarliks deel te wees van Helpende Hand se skooltassie-projek, wat verseker dat ons minder bevoorregte leerders hul eerste skooljaar met die nodige skryfbehoeftes en skooltasse kan begin. Daarbenewens ontvang ons gereeld skoen skenkings wat help om te verseker dat ons maats met trots en gemak kan skool toe kom.

Laerskool Trichardt
Ruth First Straat
Trichardt
2300
Skoolure
Maandag-Donderdag
07.30-13.30
Vrydag
07.30-13.00
Kantoorure
Maandag-Donderdag
07:00 tot 14:00
Vrydag
07:00 – 13:00
© 2026 by Laerskool Trichardt










