OUR TEAM

Johan Prinsloo
Principal

Braam vd Heever
Deputy Head

Corné Jansen
Deputy Head

Joma vd Heever
Grade 1
Junior Phase Department Head

Louise Wooldridge
Grade 1

Ria Potgieter
Grade 1

Illezahn Roux
Grade 2

Jeahné de Beer
Grade 1

Adrie Maia
Grade 1

Mandie Theron
Grade 3

Deirdré Joubert
Grade 3

Jaundré Watkins
Grade 3

Bernice Viljoen
Grade 4

Elzann Taljaard
Grade 4

Gwen Fourie
Grade 4

Eleanore Joubert
Grade 5

Simoné Stemmet
Grade 5

Wouter Boonzaier
Grade 5

Henk Louw
Grade 6

Chanel Lindeque
Grade 6

Chené Dell
Grade 6

Mareike Myburgh
Grade 7

Coelette Stickling
Grade 7

Leandra Prinsloo
Grade 7

Merize Jansen van Niewenhuizen
LSEN Class

Daan Coetzer
Teacher

Leandri le Grange
Senior phase Department Head

Marluzaan v.d Berg
Student
Ons Geskiedenis
Laerskool Trichardt se geskiedenis strek terug tot 1888, toe die eerste skool op Vaalkop gestig is. Met ’n klein begin en toegewyde onderwysers het die skool oor dekades gegroei tot ’n gevestigde opvoedkundige instelling in die gemeenskap.
In 1904 is ’n nuwe skoolgebou opgerig, en teen 1913 is die huidige skoolgebou in gebruik geneem. Aanvanklik is onderrig in beide Nederlands en Engels aangebied, met ’n leerdertal van slegs 35 leerders. In die jare wat gevolg het, het die leerdertal geleidelik gegroei en is verdere klaskamers en verbeterings aangebring.

Gedurende die vroeë 1900’s het die skool uitdagende tye beleef, insluitend die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog en personeelveranderings. Tog het die skool volgehou en bly ontwikkel. Teen die 1920’s het die skool reeds ’n gevestigde identiteit gehad, met Afrikaans wat sy plek in die onderrig begin inneem het.
In die daaropvolgende dekades het Laerskool Trichardt voortdurend uitgebrei – nuwe fasiliteite is gebou, sport het sterk ontwikkel, en die skool het akademies en kultureel uitgeblink.

Teen die vroeë 1990’s het die leerdertal tot meer as 400 leerders gegroei. Die skool het verskeie sport- en kultuurprestasies op provinsiale vlak behaal en het ook strukturele verbeterings aan geboue en terreine aangebring.
Vandag staan Laerskool Trichardt trots as ’n skool met ’n ryke erfenis van meer as ’n eeu, gebou op waardes van deursettingsvermoë, dissipline en gemeenskapsbetrokkenheid. Ons geskiedenis is nie net ’n verhaal van geboue en getalle nie, maar van mense – leerders, onderwysers en ouers – wat saam ’n nalatenskap van uitnemendheid geskep het.


Our school grounds
A modern school campus where learning and laughter go hand in hand


MEET LAERSKOOL TRICHARDT
A school with tradition, vision and people who care
ADMINISTRASIE PERSONEEL

Nita Barry
Finansies

Celeste Fourie
SA Sams

Elrina Ratcliffe
Administratiewe tikster

Christelle Boshoff
Bemarking

Shawn Grobbelaar
Faktotum
Support Services
This is the space to introduce the Services section. Briefly describe the types of services offered and highlight any special benefits or features. Encourage site visitors to learn more by exploring the full list of services offered.
Liefde in Aksie
By Laerskool Trichardt glo ons dat elke leerder die beste geleenthede verdien, nie net in die klaskamer nie, maar ook in hul daaglikse lewens. Ons is trots op die verskeidenheid inisiatiewe wat ons het om ons minder bevoorregte leerders en hul gesinne te ondersteun.
Voeding is die basis vir leer, en daarom verskaf ons voedingskema daagliks (elke pouse) 'n noodsaaklike maaltyd aan ons behoeftige leerders. Ons is ook besonder dankbaar vir die wonderlike hulp van Vissies vir Jesus, wat twee keer per week vir ons leerders met heerlike bederf-kos bystaan. Hierdie ekstra bederfie bring elke keer 'n glimlag op 'n kind se gesig.
Met die oog op die lang vakansie oor Desember, pak ons jaarliks ons kospakkie projek aan. Hierdeur kan ons vir elke behoeftige gesin van ons skool 'n kospakkie saamstuur vir vakansie. Dit verseker dat ons leerders se basiese behoeftes ook gedurende die skoolvakansie versorg word.

Santa's Shoebox
'n Ander hoogtepunt is ons gereelde ontvangs van Santa Shoebox se skenkings. Danksy hierdie inisiatief ontvang elke minder bevoorregte maat 'n boks vol skoolbenodighede, klere, speelgoed en bederf. Dit is 'n onvergeetlike geskenk wat nie net materiële hulp bied nie, maar ook hoop en opwinding bring.

Helpende Hand
Ons is ook bevoorreg om jaarliks deel te wees van Helpende Hand se skooltassie-projek, wat verseker dat ons minder bevoorregte leerders hul eerste skooljaar met die nodige skryfbehoeftes en skooltasse kan begin. Daarbenewens ontvang ons gereeld skoen skenkings wat help om te verseker dat ons maats met trots en gemak kan skool toe kom.











